Friday, June 23, 2006

In South Africa???

Then maybe you can tell me what this says:

Ek wil jou vriendelik uitnooi na ons 14e Winterskool wat aangebied word deur YOUTHNET in samewerking met verskeie gemeentes regoor die land.

Die tema van vanjaar is uiters relevant:

“Postmodernism, Youth Culture and the Church”.

Die hoofspreker wat optree is Tony Jones – Nasionale Koordineerder van die Emergent Church Beweging in die VSA.

Brian McLaren: “Tony is a good friend of mine. He is sharp and theologically well articulated. I dont know of anybody else who has his fingers so on the pulse of ministering in a postmodern context as Tony Jones.”

Naas Tony Jones wat by SES geleenthede optree is daar nog VEERTIEN ander sprekers wat op verskillende fasette van Jeug- en Gesinsbediening sal fokus (sien die aangehegte program). Daar is een hele dag opsygesit (Donderdag) vir ’n Youth Ministry Think Tank sessie, waarin ons met Tony in gesprek gaan tree – en met mekaar gaan “share”. Verder sal daar boeke van Tony Jones, ander jeugbedieningsboeke en relevante DVD’s en CD’s te koop aangebied word. NB MODKATS gemeentes betaal net vir die eerste VYF persone wat die geleentheid bywoon (sien die registrasievorm vir volledige inligting).

Aangeheg is DRIE dokumente wat jou sal help om ’n goeie besluit te neem. Laat waai asseblief met die inskrywings, aangesien ons soveel as moontlik belangstellendes wil akkommodeer.

Besoek ons webtuiste: www.youthnet.co.za of www.winterschools.co.za wat vanaf 22 Junie 2006 volledige inligtig sal verskaf.

Ek hoop om gou van jou/julle te hoor.